National Off-Road Workgroup Advertisement
Home arrow Communication arrow NOW Communication arrow Editorial Information
Saturday, 22 November 2008
 
 
Editorial Information Print E-mail
Contributed by Johann Marais   
Tuesday, 15 November 2005
Article Index
Editorial Information
Redaksionele Inligting


SA NASIONALE VELDRY WERKGROEP (NOW)
REDAKSIONELE INLIGTING

PERSVERKLARING - 2005/11/15

Die bestuurskomitee van die naionale veldry-werkgroep (NOW) het op 4 en 5 November in Isando, Gauteng, vergader om die notule van die onlangse werkswinkel wat verlede maand in die Oos-Kaap gehou is, te bestudeer.

Johann Marais, ’n prokureur van Stellenbosch, is genooi om as sameroeper op te tree, en sal voortaan as woordvoerder vir die groep/komitee optree.

Die komitee van 8 verteenwoordigers het die notule van die onlangse NOW-werkswinkel wat naby George gehou is, bestudeer en begin werk aan ’n raamwerk en die bepalings van wat hulle aan mnr Marthinus van Schalkwyk, die Minister van Omgewingsake en Toerisme, op grond van die mandaat aan die 4x4-bedryf om “sy sake agtermekaar te kry”, gaan voorlê.

Die hoëvlak-tydraamwerk vir die nuwe groep se bedrywighede is as volg:
  1. Terugvoer op die NOW-webblad – 7 November 2005, asook aan al die deelnemende groepe met die doel om verdere terugvoer te verkry
  2. Brief aan die Minister om die sleutelbevindings an aanbevelings op te som – 9 November 2005
  3. Skakeling met die verteenwoordiger van die department teen die einde van November 2005 ten einde ’n werksverhouding daar te stel en die behoefte om ander staatsdepartemente in te sluit, te bepaal
  4. Verteenwoordigers van die bedryf moet hul gedetailleerde strategieë aan die werkgroep voorlê (gegrond op die uitslag van die werkswinkel en verdere interne bespreking) – 31 Januarie 2006
  5. Identifiseer, reageer en bewerk die raamwerk soos vereis word – 15 Desember 2005.
  6. Terugvoer aan die bedryf oor enige nuwe inisiatiewe wat uit die bywerking van die voorstelle en skakeling met die regering na vore gekom het – 15 Februarie 2006.
  7. Samestelling van omvattende voorlegging aan die regering – 15 Maart 2006
  8. Goedkeuring deur die bedryf – 15 April 2006
  9. Voorlegging aan betrokke regeringsdepartemente waarna die onderhandeling om ’n samewerkingsooreenkoms voor te berei, sal begin – 30 April 2006.
  10. Samewerkingsooreenkoms in plek, wat voorsiening sal maak vir ’n beheerliggaam bestaande uit mense vanuit die bedryf om die bedryf in samewerking met die regering te beheer - November 2006
Die komitee wil ook graag met lede van die media vergader om die sinergie te bespreek wat bestaan tussen dit waaroor die media verslag doen en die mikpunte van die nasionale veldry-werkgroep.

EINDE

Gedetailleerde terugvoer sal op die NOW-webblad (now.org.za) beskikbaar wees.

Bel Johann Marais in kantoorure by 021 887 0236 vir nog inligting.


 
Top! Top!