National Off-Road Workgroup Advertisement
Home arrow Communication arrow NOW Communication arrow NOW Launches Web Site
Saturday, 22 November 2008
 
 
NOW Launches Web Site Print E-mail
Contributed by Mike Eaton   
Monday, 19 September 2005
Article Index
NOW Launches Web Site
[Afrikaans]


Navrae: Mike Eaton, tel. 083 636 0900 -
Datum: 19 Sep 2005                                         
Sper: Geen

NASIONALE VELDRY WERKSWINKEL (NVW) SKEP WEBWERF & VRA INSETTE

In April vanjaar het die Minister van Omgewingsake en Toerisme, Mnr. Marthinus van Schalkwyk sy kommer uitgespreek oor die toenemende impak van veldry-aktiwiteite op die omgewing. Hy het ʼn beroep gedoen op die veldry-gemeenskap om hul self te reguleer, voordat hy genoodsaak sou word om eensydige stappe te neem.

In reaksie hierop, het verteenwoordigers uit die veldrybedryf die Nasionale Veldry Werkswinkel geïnisieer met die doelwit om binne die voorgeskrewe tydraam van 6 maande, ʼn Witskrif aan die Minister te oorhandig.

Danksy steun vanuit die veldry-industrie, het die amptelike NVW webtuiste so pas verskyn by www.now.org.za. Die webwerf bevat inligting van die agtergrond wat tot die NVW aanleiding gegee het, sowel as die visie en missie, die plek, besprekings en akkommodasie ens. Dit bevat ook ʼn forum waar gedagtes uitgeruil kan word. Oor die verloop van die werkswinkel, die 18e, tot 20ste Oktober, sal inligting deurlopend op die webtuiste opgedateer word.

Die konvenor, Mnr. Jan Joubert doen ʼn beroep op belanghebbendes wat voel dat hul standpunt nie deeglik  verteenwoordig of oorgedra sal word deur een van die 14 aanvaarde NVW liggame nie, om dringend hul insette voor te lê aan die konvenorspan te vir oorweging. Die doel hiervan is om te verseker dat  lewensvatbare insette wel ʼn plek verkry en die algemene publiek nie uitgesluit is nie.


 
Top! Top!