National Off-Road Workgroup Advertisement
Home arrow Communication arrow NOW Communication arrow Off-Road Community on Track
Saturday, 22 November 2008
 
 
Off-Road Community on Track Print E-mail
Contributed by Mike Eaton   
Friday, 27 May 2005
Article Index
Off-Road Community on Track
Afrikaans


Navrae: Mike Eaton, tel. 083 636 0900 -
Datum: 27 Mei 2005                                                                                               
Sper: Geen

VELDRYGEMEENSKAP OP DIE SPOOR VAN 'N GESAMENTLIKE BESTEMMING

Mnr Marthinus van Schalkwyk, Minister van Omgewingsake en Toerisme, het in April 2005 sy kommer uitgespreek oor die toenemende uitwerking van veldry op die ekologie. Hy het ‘n beroep op die veldrygemeenskap gedoen om maniere te vind om hulself te reguleer voor hy gedwing word om eensydig op te tree.

In reaksie hierop het verteenwoordigers van verskillende afdelings van die veldrybedryf en -gemeenskap onlangs die Nasionale Veldrywerkwinkel (NVW / NOW) gevorm met die doel om ‘n witskrif saam te stel wat aan die Minister oorhandig sal word. Dit sal afgehandel word binne die tydraamwerk van ses maande, wat deur die minister gestel is.

”Regoor Afrika en die wêreld word ons natuurlike hulpbronne uit onkunde en deur oorbenutting, selfsug vernietig. Dit is ongetwyfeld só dat ons kinders in die toekoms nie dieselfde voordele sal geniet as wat ons in die verlede geniet het nie.” sê Mnr. Jan Joubert, bekende veldryskrywer, safarigids, omgewingsbewaarder en sameroeper van die Nasionale Veldrywerkwinkel,

“Minister van Schalkwyk se beroep vir samewerking op die veldrybedryf is geregverdig en daar is nog tyd om verdere onbedagsame vernietiging van ons pragtige land te stop deur middel van opleiding en weldeurdagte, besliste optrede” sê hy.

Verteenwoordigers van veldrybelangegroepe het in ’n ongekende vertoon van eensgesindheid die uitdaging aanvaar om die volhoubaarheid van Afrika se skatkis van hulpbronne vir toekomstige geslagte te help bewaar en om hierdie taak ’n gemeenskaplike doel te maak. Elke belangegroep kan nou uit sy eie unieke perspektief help om hierdie doel te bereik, deur by te dra tot die witskrif wat by die werkwinkel van 18 tot 20 Oktober in George opgestel sal word.

“Ons kyk ook verder as die minister se ultimatum aan 4x4-voertuie en viertrekroetes, want ons wil die kwessie holisties benader. Ons wil ook kennis neem van die rol van opvoeding, opleiding, die inheemse bevolking, wetstoepassingsliggame en die toerismebedryf,” sê Joubert.

Belangegroepe word aangemoedig om Joubert by 021-850-0010 so gou moontlik te skakel.


 
Top! Top!