National Off-Road Workgroup Advertisement
Home arrow Communication arrow NOW Communication arrow Off-Road User's Rally to Minister's Call
Saturday, 22 November 2008
 
 
Off-Road User's Rally to Minister's Call Print E-mail
Contributed by Mike Eaton   
Monday, 09 May 2005
Article Index
Off-Road User's Rally to Minister's Call
Afrikaans


Navrae: Mike Eaton, tel. 083 636 0900 -
Datum: 9 Mei 2005                                                                                               
Sper: Geen

BUITEBAANINDUSTRIE TREE OP NA MINISTER SE BEROEP

Gedurende April het die Minister van Omgewingsake en Toerisme, die agb. Marthinus Van Schalkwyk sy kommer uitgespreek aangaande die toenemende aktiwiteite van buitebaanvoertuie op die ekologie. Hy het by die geleentheid ʼn beroep op die buitebaanindustrie gedoen om stappe tot self-regulering te neem voordat die Staat verplig word om op te tree. Hy het die industrie ses maande gegun om die nodige stappe te neem.

In antwoord om te voldoen aan die 6-maandetydperk wat deur die Minister gestel is, het 17 afgevaardigdes van die buitebaannywerheid die afgelope naweek in Kaapstad vergader om te besin oor aksies wat geneem moet word. Die bestaande aksies wat alreeds geneem is, is bevestig en is Mnr. Jan Joubert, ʼn bekende en gerespekteerde buitebaan kenner, outeur en natuur-bewaarder aangewys om as konvenor vir die Werkswinkel te dien. Verskeie ampte om hom by te staan is ook bevestig.. Mnr. Joubert het klem gelê op samewerking tussen die nywerheid, die Ministerie, die DOET, NRO sowel as provinsiale natuurbewarings-liggame. 

Die doel van die Nasionale Buitebaan Werkswinkel is om ʼn Witskrif te produseer en aan die Minister te oorhandig na afloop van die samekoms wat in die George omgewing, gedurende Oktober vanjaar sal plaasvind. Dit is ook die doel om ʼn nasionale liggaam te skep  wat die belange van die buitebaanindustrie sal verteenwoordig.

Tot onlangs was dit slegs die Association of All-Wheel Drive Clubs of South Africa (AAWDC) –wat al sedert 1987 funksioneer, wat gepoog het om as inspraak vir ʼn gedeelte van die industrie te verteenwoordig. Dit het egter duidelik geword dat nie slegs enkele segmente nie, maar die hele buitebaannywerheid betrokke te kry.

Verteenwoordigers by die naweek se vergadering het o.m. ingesluit die AAWDC (4x4 klubs), SAROOF (roete-eienaars), die Toer- en safarigidse, NAAMSA (motorvervaardigers), ANID (motorfiets en viewielmotorfietsinvoerders), en  SAVRALA (voertuigverhuring). Verskeie waarnemers van verwante bedrywe en professies het die vergadering ook bygewoon.

Alle liggame wat verteenwoordig wil wees, of wil deelneem aan, of ʼn bydrae lewer tot die ontwikkeling van die Witskrif en uiteindelike verteenwoordiging van die nywerheid word versoek om Mnr. Joubert onverwyld te skakel by  021 8500010


 
Top! Top!