National Off-Road Workgroup Advertisement
Home arrow Communication arrow NOW Communication arrow NOW on the Right Track
Saturday, 22 November 2008
 
 
NOW on the Right Track Print E-mail
Contributed by Mike Eaton   
Friday, 03 June 2005
Article Index
NOW on the Right Track
Afrikaans


Navrae: Mike Eaton, tel. 083 636 0900 -
Datum: 3 Jun 2005
Sper: Geen

Nasionale Veldrywerkwinkel (NVW) op die regte spoor

Die minister van Omgewingsake en Toerisme, Mnr Marthinus van Schalkwyk, het 'n ultimatum aan veldrygemeenskap uitgereik, waarin hy gesê het hulle moet stappe neem om hulself te reguleer voor hy verplig word om dit eensydig te doen. In reaksie hierop berei belangegroepe hulle vir die Nasionale Veldrywerkwinkel (NVW / NOW) voor, wat in Oktober 2005 naby George sal plaasvind. Bydraes sal binne duidelik neergelegde riglyne gelewer word en in 'n witskrif saamgevat word wat aandag sal skenk aan die aangeleenthede wat die minister ter tafel gelê het.

Elke belangegroep sal vanuit sy eie perspektief 'n bydrae tot die werkwinkel lewer wat die volgende besprekingspunte op die agenda vervat:
  1. 'n Omgewingsbestuursplan vir elke sektor van die veldrybedryf
  2. 'n Omgewingsgedragskode vir elke sektor van die veldrybedryf
  3. Die opstel van standaarde vir 1 en 2 (hierbo), wat op die hele bedryf van toepassing sal wees
  4. Stappe om onwettige en eko-vernietigende gedrag van Suid-Afrikaanse en buitelandse veldryers in Suid-Afrika en sy in buurlande te beheer
  5. Die hersiening van wette wat tans op die veldrybedryf van toepassing is met die oog op vernuwing.
Daar word verwag dat die werkwinkel en die witskrif die veldrybedryf en -gemeenskap sal verenig in 'n gesaghebbende permanente liggaam met 'n opregte omgewingsmandaat, 'n agenda en 'n duidelike visie.

"Nou dat die veldrygemeenskap gemobiliseer is sal ons mik om alle vorms van skadelike omgewingspraktyke met vasberadenheid uit te skakel. Ons moet verby die huidige negatiewe houding teenoor viertrekvoertuie dink." sê Jan Joubert, sameroeper van die werkwinkel en bekende omgewingsbewaarder, skrywer en safarigids, wat sy buitelugbelange tydelik opsy skuif om "iets terug te gee".

"Die 4x4-gemeenskap moet die oë en ore van hierdie inisiatief word. As dit deur voldoende wetstoepassing ondersteun word, kan hierdie inisiatief werklik 'n verskil aan ons land maak sonder om die vryheid en genot in te kort wat veldryvoertuie bied," sê Joubert.

Alle liggame wat verteenwoordiging verlang of aan die ontwikkeling van die witskrif wil deelneem of wil bydra, word uitgenooi om Joubert so gou moontlik by 021-8500010 te skakel.




 
Top! Top!