| Letter from Minister |
|
|
| Written by Adv Helen Venter, Minister of Environmental Affairs & Tourism | |
| Wednesday, 30 March 2005 | |
|
(This is a transcription of the letter to Mr Jan H Joubert - hierdie is 'n transkripsie van die brief aan Mnr Jan H Joubert
) Faks: 021 - 850 0010 Geagte Mnr Jan H Joubert MOONTLIKE REGULERING VAN 4X4s IN BINNELANDSE GEBIEDE U vorige skrywes en verskeie gesprekke met amptenare van die Departement en Ministerie verwys. Die minister het al by meer as een geleentheid sy kommer uitgespreek oor die omgewingsimpak van 4x4 aktiwiteite buite die kussones. Die eerste keuse is dat die bedryf homself reguleer deur 'n raamwerk daar te stel om verantwoordelike en volhoubare 4x4 aktiwiteite te verseker. Een voorvereise hiervoor sal wees dat die bedryf homself organiseer in 'n verteenwoordigende liggaam of liggame wat hieroor met die Regering in vennootskap kan gaan. Dit sal die regering se voorkeur wees om nie eensydig regulasies uit te reik nie. Gegee die skade wat tans in sommige gebiede deur 4x4 aktiwiteite aangerig word, het hierdie saak vir ons 'n bepaalde dringendheid wat ons binne 5 of 6 maande tot finaliteit wil bring. Die Departement van Omgewingsake en Toerisme is in beginsel bereid om inisiatiewe in hierdie verband te steun deur ons kundigheid daarby in te ploeg en ons verbind tot verdere gesprekke oor die verwysingsraamwerk en beoogde uitkomste van die proses wat u voorstel. Totdat daar duidelikheid is oor laasgenoemde sal dit moeilik wees om formeel so 'n privaat-inisiatief te onderskryf. Ons Departement is egter meer as bereid om verder met u in gesprek te tree tydens die beplanning van u proses en om dan verder oor deelname of onderskrywing te besin. Kontak asseblief vir Me Joanne Yawitch op die volgende kontaknommer: 012-310 3665 Vriendelike groete ADV. HELEN VENTER HOOF: MINISTERIE 30 MAR 2005 Kliek vir die oorspronklike Faks (Bladsy 1) Kliek vir die oorspronklike Faks (Bladsy 2) |






